Het jy al gesien hoe gryp ‘n kleintjie na sy ma se hand en
kruip agter haar weg wanneer hy of sy met ‘n vreemde situasie gekonfronteer
word?? Dis asof daar eenvoudig ‘n spontane reaksie van skuiling is by mamma met
die wete dat dit daar veilig is. Ek het die week met die kinders wat vir eerste
kere skooltoe is, die beeld gewaar.
... en so is dit met my ook, ek kry my een oggend met
Bybelstudie, waar ek agter God se been staan Hom vasgryp en uitloer...
ek soek
skuiling, en bekyk my werk wat al hoe meer instroom...
skielik begin ek besiger
by die werk raak, my vryskut werk gaan ook steeds voort, die Here voorsien
steeds – ekt ‘n nuusbrief gekry wat ek nou elke maand sal moet doen vir
Annique, nogal ‘n lywige outjie. Ek is dankbaar want ons het redelik baie skuld
om terug te betaal na my kraamverlof, ekt tot vandag nog nie ‘n sent van UIF
teruggkry nie.
God is goed, Hy sal ons nooit iets gee wat ons nie kan
hanteer nie. Al staan ons bang en toekyk. Ons is so gewoond om grootmense te
wees... en op ons eie voete te staan. Mag ek gedurig die jaar agter God se “rokspante”
wegkruip, en dit sommer my 1e reaksie wees elke keer. Ek verklaar weer
kindskap, en wil leer om Sy wegkruip-kind te word.
Ps. 130: 6
Ps. 131: 2
Baba Heino veilig en ontspanne in mamma se arms.

No comments:
Post a Comment