Friday, 28 October 2016

Om te date of nie...

Die kinders het sommer net by ons kom bly... een aand...

Jy verstaan? Oornag het alles verander... hulle het hul intrek, behoorlik geneem (in ons huis, maar beslis ook in ons harte – vir aaaaaltyd!)

Die een dag het ons tyd en besittings en geld (én ons medies!) nog aan ons behoort – net die volgende dag toe maak die klein meneertjie/s al die reëls, al ons tyd draai om hulle... ons besittings wel – ja dis NIE okay om op ONS banke en beddens te spring nie!!! ...

Niks was ooit weer dieselfde nie... (so op ‘n goeie manier neh!)

Dankie tog daar was ‘n tyd in my en my man se lewens wat ons mekaar kon date!
Ons het gaan dans, gaan fliek, gaan uiteet, opwindende plekke, vakansies en uitstappies beleef... laat ingekom – en later geslaap die volgende oggend...
Ons het selfsugtig alles opgebruik... ons slaap, ons tyd, en ons geld... alles was ons s’n!!!

Nou ja... nou sê ‘n klomp boeke – wat goed bedoel, ...met ‘n gesonde huwelik, dat jy en jou man, gereelde date-nights moet beplan... soos weekliks...
Sjoh... - gelukkig oorleef ons huwelik dit... ons gaan wel op date nights, maar nie weekliks nie... en ek voel nie skuldig daaroor nie...

Verstaan my reg – ek LOVE om my man te date... en al beplan ons so iets, sien ek vreeslik uit daarna! En enige iets van uiteet, fliek of net by ‘n roadhouse of Mc Donalds Drive-thru, ‘n milkshake te gaan drink – is vir my pure bederf... enige tyd waar net ek en my man tyd saam spandeer is kosbaar! – eintlik ‘n luukse!

Maar vir nou is ons in ‘n ander fase... Die logistieke rondom ons kinders met ‘n date night verg baie fyn beplanning – want sien, die familie maak geen moordkuil van hul harte nie – hul sien nie kans om albei my wille-bokke op een aand, gelyktydig te babysit nie... (en ek neem hul nie kwalik nie) so dus moet ek altyd 2x sitters reel... wat alreeds ‘n uitdaging is...
dis vooraf tassies pak – bederf kosblikkies insit... soms ‘n koekerasie of boksie dankie-sê-bederf vir die ou wat hierdie grooot guns aan my/ons bewys (al is dit bloot net uit skuldgevoel soms??)... daar gaan meer beplanning in as die date night self...
Dan praat ek nie eers van ‘n oorslaap nie...

Elke huwelik vir homself...maar ons huwelik bestaan uit ‘n miljoen “mundane” klein oomblikkies ...ons pak saam die skottelgoedwasser na aandete, en soms die kinders se speelgoed ook... bak saam pannekoek... hang party oggende voor werk saam, ‘n bondel wasgoed op... 10 min. se saam-inlê party dae... vroeg oggend Bybelstudie saam-doen en bid... wat-ookal.
Maar dis my gevoel... hoe meer ons hierdie gewone- saam-oomblikke koester, en die geluk daarin sien – hoe meer waardeer ons ook ‘n behoorlike date-night!


Soos nou-die aand... ‘n werksfunksie saam Marius... maar lekker, by ‘n mooi venue... kerslig, blomme... mooiste dekor en heerlike kos!
Ons moes regmaak, en was laat, dit was kinders organiseer (jy moet weet – hul het gaan uitslaap!)
Ons spring uiteindelik (net ek en my man) in die kar – gereed om effe vinnig by ons bestemming te kom... ek sê vir hom dat hy heel handsome lyk... 
daar is nie tyd vir ‘n behoorlike kiekie nie... so ‘n kar-selfie moes toe maar doen...


Dis lekker om ‘n grootmens te wees, saam te kan eet, ‘n glasie wyn te kan geniet... grootmens dinge te kan gesels...

Gedaan en nog later kom ons by die huis, dankbaar om nét onsself in die bed te kry...

Voor ons kon dink, stap ons na die leë bedjies toe... en ons harte wil breek... ons is onvolledig...

...want,- as daai kindertjies eers by jou kom bly het...

 ...

– is niks ooit weer dieselfde...

(en dit maak jou sommer lus om ‘n gesinsuitstappie te beplan...

Nadat jy ‘n volle nag deurgeslaap het... Natuurlik... saam! ...sonder ‘n klein lyfie wat iewers deur die nag tussen-in kom wurm!)

Monday, 24 October 2016

Om soos kat en hond te baklei.


Ek stuur opgewonde 'n whatsapp om di nuus te deel dat die groot gewag verby is, en ons, ons dogtertjie wat ons aanneem alreeds die naweek kry.

Vriende en familie is opgewonde, party meer as ander... Ons is nog nie naastenby voorbereid nie...
Ons verduidelik dat ons so paar dae alleentyd wil hé, maar dat die brawes maar moet kom vir die groot ontmoeting so oor die naweek se kant.

Sy's 4 jaar oud, pikswart haartjies, bruin oë... ons is opgewonde, en die boeties kan nie meer wag nie.
Dis maar soos enige aanneming, en ons vra dat hul ons wense, en besluite rondom die nuwe dogtertjie sal respekteer...
Die familie nie geweldig opgewonde, en maak simpel grappe op die familie-groep.

My aanstaande skoonsus (sy is Engels...) bel regtig bekommerd, sê sy is aan ons kant en ondersteun ons heeltemal, sy gaan dadelik op 'n shopping spree, om alles wat pienk is te koop... (ek help haar reg - sy vang nie die Afrikaanse grappe nie... dierbare Té...)

Ander vriendin se whatsapps stroom in... ons het hul ondersteuning dubbel en dwars...
Hul gaan nie dadelik kom draai... maar ons is baie welkom, met ons string kinders om te kom kuier en braai...

Min weet ek dat sy reeds met reëlings besig is vir 'n behoorlike pienk babatee, ook!...

Die whatsapps raak te veel om te antwoord... ek sit immers in 'n dokter spreekamer met 'n siek kind... en sit my foon op silent, dis my beurt toe Dr. leêr in di hand staan: "Rappard"
...dis oorinfeksie... koors... en ek wikkel om betyds die apteek te maak vir medisyne... siek kind en al... oppad, onthou ek my foon steeds op silent... 9x boodskappe van my liewe vriendin, dis ondersteuning, motiveringsboodskappe, gebede... en ernstige sake.. dinge het te warm begin raak, en ek moes haar toe bel... en regtig bedank vir al haar wense en gebede...
Want sien, hierdie is vir my 'n nuwe uitdaging... ja eks eintlik 'n seuntjie mamma... en ek stop haar, net daar in haar spore...

Ek het reeds 2x dogtertjie katte en is 'n 'kat-persoon'... 

Hierdie nuwe woef gaan 'n nuwe challenge wees... 

Sy gaan spesifieke hondekos eet, in die huis moet slaap... die kinders se reward-kaarte word aangepas vir elke nuwe takie rondom Fiela, voordat ek elke oggend opdragte moet uitskree oor bakke vol hondepille-en-water-maak... bollie-optel...ens ens.. want sien dìt gaan nie óok my baby wees nie... al moes ek die aanemingsproses gereel het.

Die gesin wou 'n hond gehad het... ek was happy met my katte...


Adri se gesug aan di anderkant van die foon, was iets gemeng met verbasing-en-verligting-en, weet nie wat als-nog-nie...
Dit het nie eers saak gemaak dat sy nie van katte hou nie... ek was pap gelag!
...
Oukei, so is Fiela se kind, regtig 4 jaar oud, sy's 'n dierbare pre-loved Labrador, en pikswart, met die bruinste ogies.


Syt ons kinders se harte kom vol maak... Heino het waarlik 'n nuwe sussiemaatjie in haar gevind...
My katte aan die anderkant, het gevlug... hul was vir dae nie te sien nie...
Stadig maar seker het hul ingesluip om gou iets te eet, en het dan weer so plat soos pannekoeke... weggetrek.. om nooit weer terug te kom nie...

Ons moes ingryp...maar ooo-wee... hierdie 3 meisies was nie van plan om gou maats te wees nie... of ten minste nie van my katte se kant af nie... 
Fiela se bruin ogies het begeer om sussies te wees... maar Codah en Chelsea... het met krom-rûe, gekap en geblaas, en dit het gewys dat hierdie 'n proses sou wees...

Fiela het lieflik aangepas... maar moes met elke geleentheid wys dat sy 'n goeie waghond is...
Die katte is verjaag... die skoonfamilie is regop-hare-oppie-rug, met 'n kwaai gegrom hallo-gesê by die hek...
My Liesie moes in en uitgeloop-word oggend en middag, met myself, wat mooi verduidelik aan Fiela dat daar strykwerk, en 'n deurmekaar-huis wag...
Arme Samuel sny net gras, en maak net tuin skoon as Fiela binne die huis toegesluit was...

Ons moes geduldig kans gee dat Fiela kon aanpas, tussendeur was sy liefdevol teenoor ons, en die kinders.

Ons het ook bly moed hou dat die kat-hond verhouding beter sou raak... eendag spaander die katte... weg vanaf ons baie kwaai Lab... volgende dag hol Fiela stert tussen die bene, weg van die kat af, wat kappende blaas... 'tot-hier-toe-en-nie-verder-nie!'

Die kinders se oë rek soms groot... troos hier, troos daar...

Ek en Viktor lê eenmiddag op my bed.. en gesels... sommer oor goed wat lekker is, goed wat sleg is...
Soos sy boetie wat met hom baklei...sê hy... "my boetie is stout!'

Ek sê moedeloos, "ja, julle baklei wraggies soos kat en hond!"

Viktor bly 'n ruk stil en groot oog  sê hy: "maar wie is die kat, en wie is die hond, wie jaag vir wie?!"

Friday, 21 October 2016

Tyd om weer te blog...

Ek het so baie op die hart gehad hierdie jaar en elke keer oor iets begin blog... maar nooit klaar gemaak nie... 
en daar lê 'n paar interessante blogs in my drafts... Sommiges bedoel om nét daar te bly... 
dis maar goed ek het meeste nie klaar geskryf, en viral gegaan daarmee nie... ek het 'n spesiale paadjie gestap die jaar... en daar is mos 'n tyd vir alles...

Een voordeel van dagboek hou... is om te kan sien hoe ver ek gekom het van verlede jaar af... of eerder soos wat tyd aangestap het.. en natuurlik ook te sien hoe baie ek geleer het.

My wens op my verjaardag vir myself einde 2015 was om te leer, juis geestelik meer te leer... en ek het dood onskuldig vir my Liewe Vader in die hemel, dit gesê - dit gevra... wat is nou so erg om te sê dat jy meer wil leer... oppas maar waarvoor jy vra, want Hy SAL jou wildste verwagtinge oortref!

Ek het Ps 32:8 by Hom gekry - keer op keer deur die jaar - my einste dagboek wat 'n geskenk op my verjaardag was by skoonma (wat glad nie in tune met my persoonlike lewe is, en sou weet dat ek wou" leer" nie...) het die vers op die omslag gehad... ek het dit nooit raakgesien  / regtig gelees nie... tot nou die dag toe ek dit as bevestiging juis so nodig gehad.


Want sien ek was in my comfort zone... ek's oor die algemeen gelukkig ...met my gesin gaan dit goed... met my werk is dit lekker om flexi te wees (as deadlines dit toelaat)... ek het "best of both" genoeg tyd by die huis...en genoeg tyd by die werk (ek het dié jaar soms verkies om meer tyd by die werk te spandeer ...)
.... en dan die wonderlike vryskut uitdagings, wat soms die adrenalien effe te veel laat pomp het (die jaar veral)... maar my soveel satisfaksie gegee het as ek die een projek na die ander kon afhandel... (al moes dit party-aande se deurnag-werk beteken het..) 
(Dis ook 'n blog wat nog in draft-fase is... ek was 'n besige by...tyd (my-tyd, my gesin se tyd)... hou verband met priorteit, wat my eindelik bring by my identiteit... wat ek opnuut in Hom moes vind - wat 'n reis?!)

• Hou een hand in die lug
• Sit nou jou duim en wysvinger op mekaar, laat dit 'n mooi sirkeltjie maak... met jou ander drie vingers  regop
• Die sirkeltjie is jou comfort zone... waarin jy veilig en lekker voel...
• Beweeg nou jou ander 3 vingers - terwyl jy steeds jou comfort-zone "gesirkel hou"

Sien dit lyk na fun! - 
"That's where the magic happens! - Outside your comfort zone!"....
Nooit sou ek kon raai waar ek sou gaan in hierdie jaar nie... iemand anders se ore was ook oop - en wou my ook laat leer het - van dinge wat ek nooit eers oor sou gedroom het nie... van dinge wat ek nooit self eers wou beleef het nie... noooit eers in 'n honderd jaar sou dink het ek sou oorkom nie...

God het toegelaat dat ek dinge beleef het... gevoel het... en beslis geleer het... Maar Hy het Sy Groot Pappa-hand oor my gehou... Hy was heeltyd teenwoordig... en my meer as ooit van Sy liefde en genade bewus gemaak, en verseker. 
Hy het voorwaar Sy unconditional love vir my bewys... keer op keer...

Ja Hy't my wraggies nie Woordskool of na 'n studie instansie gestuur nie... Hy het my geleer dat die 'way up' ...inwerklikheid 'the way down' is... 
Sy onderstebo koningkryk sou ek nooit verstaan het as Hy my nie eers behoorlik grond toe gebring het nie... dis hier waar Hy my wou hé... by Jesus se voete, om vir Hom na boontoe te kon groei...

My jaar het weggetrek met 'n spoed...

1. Van kinders wat swaar aangepas het by hul nuwe skole...
2. Ma's wat inmeng
3. My love-hate-relationship met die Comrades marathon
4. My brokenness - dinge wat diep wortels gehad het, en dan natuurlik die vrugte wat ek gedra het...
5. Die D Diagnose...
6. Vergifnis en bevryding
7. Om te Bootcamp
8. Gesonde grense...
9. Ons aangenome dogtertjie
10. 10 jare se sakke sout

Kom ek begin by my kinders en hul skole vir eers

Viktor is my sensitiewe, versigtige en tog slim kind... my oudste, sportief (want hy is erg besig - en moet van daai energie iewers anders as op ma se senuwees ontslae raak...), en nie mal oor eet nie...

Heino my go-getter, kan nie-omgee seuntjie...impulsiewe liewe ding, maar hy is my baba... wat van ure se buite speel... en EET hou.. So immers was my bekommernis oor hom groot, wat vir die eerste keer moes speelskool toe op 'n jaar-en-'n-half...

Viktor aan die ander kant konnie wag vir die groot-skool, en was met elke skool-aankoop meer en meer opgewonde... wat mos 'n goeie teken is... hy was so gereed...

Nou-ja...dit het maar moeilik gegaan, om 2 huilende kinders soggens af te laai, en Viktor vroeg middag, weer huilend op te tel, om nie eers van sy naskoolse aktiwiteite, saam 'n baba op my heup, te praat nie...

Dit was 'n tydperk in my lewe wat ek gevoel het, ek -kompleet soos 'n alleen-ouer, operate... Marius werk ver... heeldag... met vele werkuitdagings... daars nie regtig tyd v hom om weg te breek nie... en om die kinders in die middae te hanteer is hoofsaaklik my baby...

Dan het hy'n wille oefen program gehad om te handhaaf... so ek kon op sy skouer huil as die kinders saans bed toe gegaan het... en ek of hy nie pens en pote saam hul omgekap het nie...

Toe tref die kinders se aanpassings by hul skole my... dit was geweldig oorweldigend... iemand wat nie daardeur gaan nie - kan nie vir jou verduidelik hoe hartseer jy kan raak as jou kinders ongelukkig is nie... (Dis mos seker hoekom ek daardeur moes gaan... in my geval... na ónder moes gaan... hier het God my begin afbreek... )

Goed jy hou moed - want dit gaan net vir die eerste 2x weke so wees - en dan is alles oor - en jyt weer happy kids...
jaaa... vir Heino was dit toe ook so...

Maar vir my Viktor kind toe nou nie... om dit eenvoudig te stel was dit 'n hele eerste kwartaal van hel - vir ons as gesin...

Viktor se vreemd-wees en aanpastyd, en ons (as) ouers se simpatie en empatietyd (" tyd"...want ekt 'n tydjie daaraan gekoppel - dit sou mos nie vir altyd so voel nie), het oorgeloop in huil manipulasie by Viktor en moedeloosheid en woede by my en Marius...

Hyt skielik 'n keel opgesit by sy swemskool... by sy rugby oefening... by sy Sondagskool se kinderkerk, ..en uiteindelik by alle sosiale geleenthede... kinderpatytjies... braai-kuiers... familie-kuiers...noem dit -  dit was uitputtend om die minste te sê... alle sosiale geleenthede het in nagmerries ontaard.

Alhoewel ek soos die slegste ma ooit gevoel het - het ek juis hier geleer om 'n goeie ma te wees...

Ekt baie in myself getwyfel, skielik het ek oor alles getwyfel... ekt getwyfel oor die ma wat ek in die 5 jaar vir my eerste en oudste kind was...
Dit was natuurlik 'n stronghold wat begin wortel-skiet het... en ek nie van bewus was nie...

Ons families het ook ingemeng - daaroor sal ek myself nie eers te veel vir nou uitlaat nie - dit was een lelike gemors...

Ek en Marius (wat my baie ondersteun het!), het alleen (saam-)gestaan... verdwaald gevoel... oor ons superster-seuntjie wat 'n wille-bok in sy kleuterskool was... waar was ons kind wat met sy gradeplegtigheid, en konsert, voor 'n hele gehoor ouers, vertel het dat hy in sy pa se voetspore wou volg eendag-as-hy-groot-is... 'n gebed gedoen het met di opening...
??
Hy was skielik 'n klein bang hondjie... 'n bondeltjie vrees...

Ons het ons en Viktor na 'n kindersielkundige gewend... waar ons baie antwoorde vir ons vrae gekry het... selfversekering ook dat ons wel goeie ouers is en dinge tog reg doen...

Ons seisoen het uiteindelik gedraai, God het lente laat aanbreek, en dinge het beter en net beter gegaan... Viktor het 'n klomp maatjies, hy's 'n haan onder die henne, hy en sy juffrou kom goed oor die weg, Viktor het so mooi aangepas, daar is geen klagtes nie...

Viktor het, al sy swem sertifikate gekry. Hyt ons trots gemaak en hulle het die rugby-prysuitdeling as pa en seun saam bygewoon... Hyt ook al sy krieketwedstryde gespeel en geniet - en weereens daardie prysuitdeling saam pa gehad. Sy ekstra rekenaar klasse het ook 'n pragtige rapport opgelewer. Sy pottery se kleurvolle ornamente staan my hele huis vol... en gaar stof op...maar dis oukei... ek sien die hoeveelheid klasse wat hy bygewoon, en geniet het.

...Hy blom nou in sy skool... en dis genoeg om enige ma se hart warm te laat klop...

Hier het ek begin leer - meer as wat ek ooit in woorde kan omsit...
Die geestelike groei gaan my verstand vandag nog te bowe...  ek staan nederig terug en kyk op na 'n "Good-good Father" en kan werklik sê - Hy het my die pad gewys wat ek moes gaan.

Glad nie het ek besef, dat hierdie maar net my eerste hekkie was, waaroor ek moes kom nie...

"I may not be there yet - but I'm closer than I was yesterday!

Begin  van 2016 het ek darem gedink ek was so 80 punte uit 100 - 
Ontnugterd moes ek agterkom dat ek eintlik -80 uit 100 was... ek glo darem nou dat ek by -10 trek... haha.... née regtig!

Daar het nog 'n paar groot lesse gewag... en 'n Geduldige God...wat buite my tyd staan.. alles in Sy goeie tyd. Ps 90