Thursday, 22 January 2015

Pomp kaskenades... oppad PE toe

Ek skryf my melk-pomp-ervaring vanoggend vir Baba en Kleuter tydskrif... aai wat is ma-wees sonder sulke oomblikke darem... dis iets wat ek altyd sal onthou...
 
Pomp kaskenades
 
...en so vat die Rappards die lang pad af PE se kant toe vir 'n see vakansie.
 
Dis 'n gedoente met 'n 4 maande oue baba wat borsmelk uit 'n bottel verkies, so hierdie ma wat eksklusief uitmelk het omtrént 'n "feeding station" agter in die kar, behoorlik gewapen met alles wat nodig is om etenstyd vir baba so gemaklik moontlik, en vir almal verder in die kar, te maak.
 
Maar toe dit vroeg oggend pomptyd is, is die baterye vir my elektriese pomp vergete weggepak in die heel onderste krat onder in die waentjie, wat ons sleep. Ons maak toe 'n Wimpy pitstop, eet ontbyt, pa voer solank vir boetie sy reeds uitgepompde melk, terwyl ma op 'n missie is vir pomp-plek aangesien die garage nie baterye verkoop nie.
Nee jammer, sê die bestuurder in haar kantoor, vergadering kan nog ure neem, so maak ek my pad na die Wimpy kombuis... een van die kelnerinne moes een van 2 dinge sien aankom het, die benoudheid in my oë of was dit my vol paar buuste wat vir Pamela Anderson stof in die oë kon skop?
Sy tref dadelik reelings en neem my deur skarrelende kombuispersoneel (die Wimpy is immers vol gepak met honger klante) na 'n klein koue uitgeteelde gangetjie voor die koelkamers, ...daar tussen staal wasbakke, slaaiblare en uieringe wat my neus en oê bevog, vind ek met my pomp toe verligting. Nie eers die sekuriteitskamera bo in die hoek kon 'n demper op ons oomblik plaas nie. My toppietjie is vinnig toegepluk, ekt in 'n japtrap uitgemelk en ons was vinniger weer op die pad as wat ons ooit sou weet.

Ekt opnuut besef wat Wimpy se slogan "Enjoy every moment" regtig kan beteken!
 
Heino'kie met sy melkbaard na 'n suksesvolle voeding uit 'n bottel, op die pad in sy karstoeltjie.
 
Boetie baie tevrede met sy bottle.
 
 
 
 

1 comment:

  1. Hahaha! Skitterend! Maar pomp sal ons pomp! Ek het met ons eerste wegbreek aand in KNP ook so in d ry-en-diere kyk gepomp... wonder wat het d mense v voor gedink vd vrou met die kussing voor d venster;) ñ Boer maak ñ pkan & ñ borsvoedende boervrou twee...

    ReplyDelete