Ek het so baie op die hart gehad
hierdie jaar en elke keer oor iets begin blog... maar nooit klaar gemaak nie...
en daar lê 'n paar interessante blogs in my drafts... Sommiges bedoel om nét
daar te bly...
dis maar goed ek het meeste nie klaar geskryf, en viral gegaan
daarmee nie... ek het 'n spesiale paadjie gestap die jaar... en daar is mos 'n
tyd vir alles...
Een voordeel van dagboek hou... is om
te kan sien hoe ver ek gekom het van verlede jaar af... of eerder soos wat tyd
aangestap het.. en natuurlik ook te sien hoe baie ek geleer het.
My wens op my verjaardag vir myself
einde 2015 was om te leer, juis geestelik meer te leer... en ek het dood onskuldig
vir my Liewe Vader in die hemel, dit gesê - dit gevra... wat is nou so erg om
te sê dat jy meer wil leer... oppas maar waarvoor jy vra, want Hy SAL jou wildste verwagtinge oortref!
Ek het Ps 32:8 by Hom gekry - keer op
keer deur die jaar - my einste dagboek wat 'n geskenk op my verjaardag was by
skoonma (wat glad nie in tune met my persoonlike lewe is, en sou weet dat ek
wou" leer" nie...) het die vers op die omslag gehad... ek het dit
nooit raakgesien / regtig gelees nie...
tot nou die dag toe ek dit as bevestiging juis so nodig gehad.
Want sien ek was in my comfort zone... ek's oor die algemeen gelukkig ...met my gesin gaan dit goed...
met my werk is dit lekker om flexi te wees (as deadlines dit toelaat)... ek het "best of both"
genoeg tyd by die huis...en genoeg tyd by die werk (ek het dié jaar soms verkies om meer tyd by die werk te spandeer ...)
.... en dan die wonderlike
vryskut uitdagings, wat soms die adrenalien effe te veel laat pomp het (die
jaar veral)... maar my soveel satisfaksie gegee het as ek die een projek na die
ander kon afhandel... (al moes dit party-aande se deurnag-werk beteken het..)
(Dis ook 'n blog wat nog in draft-fase is... ek was 'n besige by...tyd (my-tyd, my gesin se tyd)... hou verband met priorteit, wat my eindelik bring by my identiteit... wat ek opnuut in Hom moes vind - wat 'n reis?!)
• Hou een hand in die lug
• Sit nou jou duim en wysvinger op
mekaar, laat dit 'n mooi sirkeltjie maak... met jou ander drie vingers regop
• Die sirkeltjie is jou comfort
zone... waarin jy veilig en lekker voel...
• Beweeg nou jou ander 3 vingers -
terwyl jy steeds jou comfort-zone "gesirkel hou"
Sien dit lyk na fun! -
"That's
where the magic happens! - Outside your comfort zone!"....
Nooit sou ek kon raai waar ek sou
gaan in hierdie jaar nie... iemand anders se ore was ook oop - en wou my ook
laat leer het - van dinge wat ek nooit eers oor sou gedroom het nie... van
dinge wat ek nooit self eers wou beleef het nie... noooit eers in 'n honderd
jaar sou dink het ek sou oorkom nie...
God het toegelaat dat ek dinge beleef
het... gevoel het... en beslis geleer het... Maar Hy het Sy Groot Pappa-hand oor my gehou... Hy was heeltyd teenwoordig... en my meer as ooit van Sy liefde en genade bewus gemaak, en verseker.
Hy het voorwaar Sy unconditional love vir my
bewys... keer op keer...
Ja Hy't my wraggies nie Woordskool of
na 'n studie instansie gestuur nie... Hy het my geleer dat die 'way up'
...inwerklikheid 'the way down' is...
Sy onderstebo koningkryk sou ek nooit
verstaan het as Hy my nie eers behoorlik grond toe gebring het nie... dis hier
waar Hy my wou hé... by Jesus se voete, om vir Hom na boontoe te kon groei...
My jaar het weggetrek met 'n spoed...
1. Van kinders wat swaar aangepas het
by hul nuwe skole...
2. Ma's wat inmeng
3. My love-hate-relationship met die
Comrades marathon
4. My brokenness - dinge wat diep
wortels gehad het, en dan natuurlik die vrugte wat ek gedra het...
5. Die D Diagnose...
6. Vergifnis en bevryding
7. Om te Bootcamp
8. Gesonde grense...
9. Ons aangenome dogtertjie
10. 10 jare se sakke sout
Kom ek begin by my kinders en hul
skole vir eers
Viktor is my sensitiewe, versigtige
en tog slim kind... my oudste, sportief (want hy is erg besig - en moet van daai energie iewers anders as op ma se senuwees ontslae raak...), en nie mal oor eet nie...
Heino my go-getter, kan nie-omgee
seuntjie...impulsiewe liewe ding, maar hy is my baba... wat van ure se buite
speel... en EET hou.. So immers was my bekommernis oor hom groot, wat vir die
eerste keer moes speelskool toe op 'n jaar-en-'n-half...
Viktor aan die ander kant konnie wag
vir die groot-skool, en was met elke skool-aankoop meer en meer opgewonde...
wat mos 'n goeie teken is... hy was so gereed...
Nou-ja...dit het maar moeilik gegaan, om 2
huilende kinders soggens af te laai, en Viktor vroeg middag, weer huilend op te
tel, om nie eers van sy naskoolse aktiwiteite, saam 'n baba op my heup, te
praat nie...
Dit was 'n tydperk in my lewe wat ek
gevoel het, ek -kompleet soos 'n alleen-ouer, operate... Marius werk ver...
heeldag... met vele werkuitdagings... daars nie regtig tyd v hom om weg te
breek nie... en om die kinders in die middae te hanteer is hoofsaaklik my
baby...
Dan het hy'n wille oefen program
gehad om te handhaaf... so ek kon op sy skouer huil as die kinders saans bed
toe gegaan het... en ek of hy nie pens en pote saam hul omgekap het nie...
Toe tref die kinders se aanpassings
by hul skole my... dit was geweldig oorweldigend... iemand wat nie daardeur
gaan nie - kan nie vir jou verduidelik hoe hartseer jy kan raak as jou kinders
ongelukkig is nie... (Dis mos seker hoekom ek daardeur moes gaan... in my
geval... na ónder moes gaan... hier het God my begin afbreek... )
Goed jy hou moed - want dit gaan net
vir die eerste 2x weke so wees - en dan is alles oor - en jyt weer happy
kids...
jaaa... vir Heino was dit toe ook
so...
Maar vir my Viktor kind toe nou
nie... om dit eenvoudig te stel was dit 'n hele eerste kwartaal van hel - vir
ons as gesin...
Viktor se vreemd-wees en aanpastyd,
en ons (as) ouers se simpatie en empatietyd (" tyd"...want ekt 'n
tydjie daaraan gekoppel - dit sou mos nie vir altyd so voel nie), het oorgeloop
in huil manipulasie by Viktor en moedeloosheid en woede by my en Marius...
Hyt skielik 'n keel opgesit by sy
swemskool... by sy rugby oefening... by sy Sondagskool se kinderkerk, ..en
uiteindelik by alle sosiale geleenthede... kinderpatytjies... braai-kuiers...
familie-kuiers...noem dit - dit was uitputtend
om die minste te sê... alle sosiale geleenthede het in nagmerries ontaard.
Alhoewel ek soos die slegste ma ooit
gevoel het - het ek juis hier geleer om 'n goeie ma te wees...
Ekt baie in myself getwyfel, skielik
het ek oor alles getwyfel... ekt getwyfel oor die ma wat ek in die 5 jaar vir
my eerste en oudste kind was...
Dit was natuurlik 'n stronghold wat
begin wortel-skiet het... en ek nie van bewus was nie...
Ons families het ook ingemeng -
daaroor sal ek myself nie eers te veel vir nou uitlaat nie - dit was een lelike
gemors...
Ek en Marius (wat my baie ondersteun het!), het alleen
(saam-)gestaan... verdwaald gevoel... oor ons superster-seuntjie wat 'n
wille-bok in sy kleuterskool was... waar was ons kind wat met sy
gradeplegtigheid, en konsert, voor 'n hele gehoor ouers, vertel het dat hy in
sy pa se voetspore wou volg eendag-as-hy-groot-is... 'n gebed gedoen het met di
opening...
??
Hy was skielik 'n klein bang hondjie... 'n bondeltjie vrees...
Ons het ons en Viktor na 'n
kindersielkundige gewend... waar ons baie antwoorde vir ons vrae gekry het...
selfversekering ook dat ons wel goeie ouers is en dinge tog reg doen...
Ons seisoen het uiteindelik gedraai, God het lente laat aanbreek, en dinge het beter en net beter gegaan... Viktor het 'n klomp maatjies, hy's 'n
haan onder die henne, hy en sy juffrou kom goed oor die weg, Viktor het so mooi
aangepas, daar is geen klagtes nie...
Viktor het, al sy swem sertifikate
gekry. Hyt ons trots gemaak en hulle het die rugby-prysuitdeling as pa en seun
saam bygewoon... Hyt ook al sy krieketwedstryde gespeel en geniet - en weereens
daardie prysuitdeling saam pa gehad. Sy ekstra rekenaar klasse het ook 'n
pragtige rapport opgelewer. Sy pottery se kleurvolle ornamente staan my hele
huis vol... en gaar stof op...maar dis oukei... ek sien die hoeveelheid klasse
wat hy bygewoon, en geniet het.
...Hy blom nou in sy skool... en dis
genoeg om enige ma se hart warm te laat klop...
Hier het ek begin leer - meer as wat
ek ooit in woorde kan omsit...
Die geestelike groei gaan my verstand
vandag nog te bowe... ek staan nederig
terug en kyk op na 'n "Good-good Father" en kan werklik sê - Hy het
my die pad gewys wat ek moes gaan.
Glad nie het ek besef, dat hierdie
maar net my eerste hekkie was, waaroor ek moes kom nie...
"I may not be there yet - but
I'm closer than I was yesterday!
Begin
van 2016 het ek darem gedink ek was so 80 punte uit 100 -
Ontnugterd moes ek agterkom dat ek
eintlik -80 uit 100 was... ek glo darem nou dat ek by -10 trek... haha.... née
regtig!
Daar het nog 'n paar groot lesse
gewag... en 'n Geduldige God...wat buite my tyd staan.. alles in Sy goeie tyd.
Ps 90