Ek is so agter met my bloggery, ek dag ek is voor??...
So baie wat ek wou se maar net nooit ‘n rustige kansie vir
tik nie… soos wat my “inskrywings” by my opkom – sal ek dit weer neerpen. Daars baie dae net ‘n
gedagte wat ek wil afskryf… maar dinge was so rof die laaste ruk… bly dis verby
en ons praat weer ander dag daaroor…
Ek melk (alweer) uit, vandag, die keer in die baas se dogter se kamer… okay my
werkgewer – hy (Neil) sê net ‘n hond het ‘n baas… (Ons werk van hul huis af, en
die garages is omskep in ‘n lekker gesellige studio… )
Gewoonlik melk ek so in Neil en Bianca se kamer…. Awkward ek
weet, maar uitmelk moet ek… ek gebruik eerder nie nou die woord “pomp” nie… dit
is ook weer ‘n “inskrywingetjie” vir ‘n ander dag
My pomp vat my op reise waar ek nooit eers gedroom het om te
gaan nie…
Wel Jade is ‘n pragtige kind, presteer op alle gebiede,
sport, kuns en akademie… sy is klaar met Matriek en swot nou … haar pa en ma se
model kind…
So sit ek in haar kamer (vinnig myself tuisgemaak saam my
pomp op haar bed) en ek facebook op my foon… die melk spuit, asof ek ‘n kraan
oopgedraai het… gou gou is die botteltjie vol… 160ml en boobie leeg… soos
gewoonlik
Ek sit gou nuwe botteltjie aan my ander kant… (ja my pomp
het gebreek en funksioneer vir nou as enkel pomp – tot ons die nuwe part gekry
het wat bestel is… ‘n tydsame gesukkel – ek weet!) en let op na alles in Jade
se kamer…
WEIRD… ek leef my in dit wat sy op haar muur kwyt geraak het…
van manne op die maan wat sy baie mooi geverf het, tot wiskundige berekeninge
en wetenskap formules…
HOEKOM wonder ek… ek was nooit so lief vir Wet. of Wisk
nie,… wat nou nog van “swot” dat ek dit op my muur bo my bed sou verf??
Passievol…dink ek…
Daar is ‘n groot raam vol fotos van haar matriekafskeid, sys
beeldskoon en net so mooie ou kereltjie ook …die twee is oulik en al lank saam.
Ek buig nou omtrent alle kante toe en loer oor my rug en skouer
na die muurkuns agter my… Dan tref die man met die geraamte gesig en die
maanpak my… wat de heng… dis vieslik??
Ek skrik behoorlik my melk weg… eeu - kyk ek vorentoe en wonder
waaaar die kind daaraan kom??
Verder is haar kamer girly… pienk radio en Kristal-plastiek
lampie – vintage kusings op die bed… mooi verder – en vroulik…
…Nou hoor ek net ‘n dowwe geluid… niks melk wat drup-drup
nie… Jip my tietie is leeg – daars NIKS verder nie… ‘n skamele 20ml… No WAYS!!!
Ek sit die pomp af… pak op in ‘n japtrap en gee ‘n nare grin
na die skedel-man… toe ek uitstap…
Eeeu…