So met die nuwe jaar se aanbreek, het ek geweet my kraam verlof is op 'n einde. 'n Nuwe jaar se werkery het voorgelê, met nuwe aanpassings soos gewoonlik, -maar nie soveel soos wanneer jy moet terugkeer werk toe na 5 maande by die huis met baba nie. Daar's nuwe oggend roetines wat wag, 'n nuwe dag-mamma vir baba (in my geval my dierbare ma, waarvoor ek so dankbaar is) en dan die nuwe aanpassings by die werk.
So ekt my jaar heel negatief afgeskop veral na 'n heerlike see vakansie. Die "blues" het my hard getref, so saam die bondels vakansie wasgoed.
Ek kon dinge gelukkig stappie vir stappie aanpak saam my God en Hy het nie teleurgestel nie.
Alles kom stadig maar seker in plek hier by die werk soos wat die besighede aan die gang kom, en gee my mooi kans om in te "settle"
Ekt leeg voor God gaan staan al vroeg in die jaar, gevoel of ek niks het om Hom te bied nie...my werks omstandighede het baie daarmee te doen gehad.
Ek weet vanoggend Hyt my egter op 'n goeie plek gehad, dolleeg sodat Hy my kon opvul soos Hy wou.
Hy het vir my ingetree - ek werk halfdag... en voel ek het nou die beste van 2 wêrelde, 'n halwe dag van my huis af wat my en my kop sal goed doen, asook 'n halwe dag van my werk af wat my huis en gesin sal goed doen.
Ekt opnuut krag vir beide, my werk en my huis (en gesin).
Geen gespartel om al die balle in die lug te hou nie, soos ek gister genoem het, net net geleef te kry nie..net net kop bo water te hou nie. God het reeds in alle opsigte voorsien.
No comments:
Post a Comment