Ai vanoggend is ek weer moegesukkel met ‘n seuntjie wat nie
wil hoor nie... nie wil eet nie... nie wil tandeborsel en aantrek nie... Eks
moegepraat moegesukkel
Dan voel ‘n ma se werk sommer ekstra erg.. broodjies en kospakkies moet nog gepak word vir die hele gesin, dis sommer nou baie meer moeite as gewoonlik ...kar laai
en kinders skool en ouma toe vat... dan raak dit alles net te veel.
By die werk gekom, en net so baie werk waarmee ek dadelik
besig raak... sit ek ingedagte en dink... Pligsgetrouheid... my baas verwag van
my ook om alles pligsgetrou te doen, van fotos reg aflaai op die rekenaar en back up... fotos
intyd vir kliente stuur en opvolg... rekeninge en admin na die regte persone
kanaliseer... Net soos ek van Viktor verwag om pligsgetrou sy takies in die
mores self te doen...
Gelukkig word ek nie opgecheck (anders as my seuntjie
nie...) nie en voel sommer goed as ek dinge reg en goed afgehandel het. Sterker
en beter as vanmore toe ek soos ‘n slegte ma gevoel het... En dankbaar vir my
werk... dit gee my 'n nuwe perspektief... en bietjie uitkom kans :)
So keer ek baie vinnig as dinge na my kant toe kom... ek is
te bang vir sukkel... en se dadelik nee ek kannie help nie... kannie dit doen
nie... het nie tyd nie...
Maar saans vra ek die Here stuur dinge oor my pad wat ek vir
U kan doen... hoe kan ek my lig laat skyn vir U... Hoe kan mense U deur my
sien...
So vra Bianca ek moet saam haar dieet en haar daagliks help
motiveer. Ek se dadelik nee omdat ek borsvoed en nie kan nie... Maar na die tyd
besef ek sy soek raad / hulp ‘n vriendin wat saam haar ‘n paadjie kan stap...
en ek vertel vanoggend vir haar – ek is in... borsvoedend en al... niks fout
met gesond eet – en saam haar aan appels hap & 2 lt water ‘n dag drink
nie... kan my net goed doen... sterker maak (en meer sexier vir my man...
hahahaaa)
So se ek ook eers nee vir ‘n vriendin wat ‘n challenge voor
my gooi... dadelik dink ek nee eks te besig met my kinders in die middae, te
veel vryskut werk wat ek saans doen... alweer die tyd faktor wat ek as
verskoning gebruik, ek het nie tyd vir reelings tref nie, mense bymekaar kry nie (Am
En dadelik daarna word ek bewus van al my seeninge... ek het
so baie om voor dankbaar te wees... en my kop gaan aan die dink hoe ek hierdie
vriendin andersins kan help... Die Here los my nie uit nie, en stuur my engel
ma oor my pad... En sonder dat sy weet, stel sy presies DIT voor, waarvoor my
vriendin gevra het!!! En ma bied aan om my daarmee te help.
Dadelik verander my ek-kan-nie houding in ‘n lekker
opgewonde een... en daar voel ek alweer beter en sterker – ekt die bul sommer
gou by die horings gepak en hier is iets aan die kom... watch this space...
Hoe se hul, hoe meer dinge jy het om te doen –hoe meer kan
jy doen. (Ekt tot tyd om gou te blog...)
Dis baie waar... en daar lyk my probleme met ‘n hardhorende
seuntjie sommer piepklein...
Hierdeur kom ek sterker uit :D

