Monday, 24 October 2016

Om soos kat en hond te baklei.


Ek stuur opgewonde 'n whatsapp om di nuus te deel dat die groot gewag verby is, en ons, ons dogtertjie wat ons aanneem alreeds die naweek kry.

Vriende en familie is opgewonde, party meer as ander... Ons is nog nie naastenby voorbereid nie...
Ons verduidelik dat ons so paar dae alleentyd wil hé, maar dat die brawes maar moet kom vir die groot ontmoeting so oor die naweek se kant.

Sy's 4 jaar oud, pikswart haartjies, bruin oë... ons is opgewonde, en die boeties kan nie meer wag nie.
Dis maar soos enige aanneming, en ons vra dat hul ons wense, en besluite rondom die nuwe dogtertjie sal respekteer...
Die familie nie geweldig opgewonde, en maak simpel grappe op die familie-groep.

My aanstaande skoonsus (sy is Engels...) bel regtig bekommerd, sê sy is aan ons kant en ondersteun ons heeltemal, sy gaan dadelik op 'n shopping spree, om alles wat pienk is te koop... (ek help haar reg - sy vang nie die Afrikaanse grappe nie... dierbare Té...)

Ander vriendin se whatsapps stroom in... ons het hul ondersteuning dubbel en dwars...
Hul gaan nie dadelik kom draai... maar ons is baie welkom, met ons string kinders om te kom kuier en braai...

Min weet ek dat sy reeds met reëlings besig is vir 'n behoorlike pienk babatee, ook!...

Die whatsapps raak te veel om te antwoord... ek sit immers in 'n dokter spreekamer met 'n siek kind... en sit my foon op silent, dis my beurt toe Dr. leêr in di hand staan: "Rappard"
...dis oorinfeksie... koors... en ek wikkel om betyds die apteek te maak vir medisyne... siek kind en al... oppad, onthou ek my foon steeds op silent... 9x boodskappe van my liewe vriendin, dis ondersteuning, motiveringsboodskappe, gebede... en ernstige sake.. dinge het te warm begin raak, en ek moes haar toe bel... en regtig bedank vir al haar wense en gebede...
Want sien, hierdie is vir my 'n nuwe uitdaging... ja eks eintlik 'n seuntjie mamma... en ek stop haar, net daar in haar spore...

Ek het reeds 2x dogtertjie katte en is 'n 'kat-persoon'... 

Hierdie nuwe woef gaan 'n nuwe challenge wees... 

Sy gaan spesifieke hondekos eet, in die huis moet slaap... die kinders se reward-kaarte word aangepas vir elke nuwe takie rondom Fiela, voordat ek elke oggend opdragte moet uitskree oor bakke vol hondepille-en-water-maak... bollie-optel...ens ens.. want sien dìt gaan nie óok my baby wees nie... al moes ek die aanemingsproses gereel het.

Die gesin wou 'n hond gehad het... ek was happy met my katte...


Adri se gesug aan di anderkant van die foon, was iets gemeng met verbasing-en-verligting-en, weet nie wat als-nog-nie...
Dit het nie eers saak gemaak dat sy nie van katte hou nie... ek was pap gelag!
...
Oukei, so is Fiela se kind, regtig 4 jaar oud, sy's 'n dierbare pre-loved Labrador, en pikswart, met die bruinste ogies.


Syt ons kinders se harte kom vol maak... Heino het waarlik 'n nuwe sussiemaatjie in haar gevind...
My katte aan die anderkant, het gevlug... hul was vir dae nie te sien nie...
Stadig maar seker het hul ingesluip om gou iets te eet, en het dan weer so plat soos pannekoeke... weggetrek.. om nooit weer terug te kom nie...

Ons moes ingryp...maar ooo-wee... hierdie 3 meisies was nie van plan om gou maats te wees nie... of ten minste nie van my katte se kant af nie... 
Fiela se bruin ogies het begeer om sussies te wees... maar Codah en Chelsea... het met krom-rûe, gekap en geblaas, en dit het gewys dat hierdie 'n proses sou wees...

Fiela het lieflik aangepas... maar moes met elke geleentheid wys dat sy 'n goeie waghond is...
Die katte is verjaag... die skoonfamilie is regop-hare-oppie-rug, met 'n kwaai gegrom hallo-gesê by die hek...
My Liesie moes in en uitgeloop-word oggend en middag, met myself, wat mooi verduidelik aan Fiela dat daar strykwerk, en 'n deurmekaar-huis wag...
Arme Samuel sny net gras, en maak net tuin skoon as Fiela binne die huis toegesluit was...

Ons moes geduldig kans gee dat Fiela kon aanpas, tussendeur was sy liefdevol teenoor ons, en die kinders.

Ons het ook bly moed hou dat die kat-hond verhouding beter sou raak... eendag spaander die katte... weg vanaf ons baie kwaai Lab... volgende dag hol Fiela stert tussen die bene, weg van die kat af, wat kappende blaas... 'tot-hier-toe-en-nie-verder-nie!'

Die kinders se oë rek soms groot... troos hier, troos daar...

Ek en Viktor lê eenmiddag op my bed.. en gesels... sommer oor goed wat lekker is, goed wat sleg is...
Soos sy boetie wat met hom baklei...sê hy... "my boetie is stout!'

Ek sê moedeloos, "ja, julle baklei wraggies soos kat en hond!"

Viktor bly 'n ruk stil en groot oog  sê hy: "maar wie is die kat, en wie is die hond, wie jaag vir wie?!"

1 comment:

  1. Hahaha! Luv jou blog! Ek het amper gedink ons vriendskap het gefaal dat jy nie aannemingssake enigsins met my gedeel het... maar ek verstaan! Laf joe vriendin!

    ReplyDelete