Ek ry vanoggend uit Woodlands Lifestyle Estate uit, dis een
van die mooiste maar mooiste Estates wat ek nog gesien het... Mansions maar in
pophuisie-styl... met die fynste tuine wat met soveel detailtjies uitgele is en
natuurlik versorg word...
Ja en mens begeer maklik...
Op die pad, vandaar terug werk toe raak ek so bewus van wat
ek het... en die Here wat sê dat ek MEER het as meeste van daardie gesinne wat
daar bly... Marius ry voor my uit (ook oppad terug werk toe) ... en ek besef
weer hoe goeie man ek het. My man is pa-genoeg vir sy kinders, man-genoeg vir
sy vrou... Ons het 2 gesonde en slim seuntjies. ...bogger die klein huisie
waarin ek bly... dis net ‘n huis... ons is en het soveel meer as baie ander.
Ons het dit (en aanvaar dit as vanselfsprekend) terwyl ander nog daarvoor bid
en vertrou.
Dankie Here dat U tog partymaal die skille van my oë
afhaal... en dat ek kan sien wat ek so baie male miskyk...
Vanaand gaan ons lekker braai as gesin saam... en ek dink, sodra
ek by die werk kom maak ek my inkopie lysie... marinade, slaaigoed, en ...marshmellows-vir-braai...
Naweek hier kom ons... en ons gaan tyd vir mekaar maak en wardeer
wat ons het J
No comments:
Post a Comment